book-icon Uitgawe Junie & Julie 2018

Die klein jakkalsies

akkreditasie
Inge en Rocco (18 maande) van Niekerk
Inge en Rocco (18 maande) van Niekerk

Ek sien rooi as Rocco besluit om alles waarop hy sy hande kan lê, te gooi of uit te gooi! Ek het nou die dag op ’n hele Pronutro-papboks afgekom waarvan die inhoud oor my kombuisvloer versprei gelê het. Dieselfde gebeur gereeld met pasta of spaghetti. As ek kos voor hom neersit, gooi hy dit uit nog voor ek opkyk, of hy vat sy waterbottel en gooi al die water op die bank uit ... Ek het selfs een oggend 300 oorstokkies opgetel wat hy oor die badkamervloer versprei het. Ek het die gewoonte om proppies of deksels nie baie mooi terug te sit nie, maar ek is besig om vinnig te leer!

Liefste Ameli is ons sonstraaltjie, maar as sy my hare trek (wat sy gereeld doen), voel dit of ek deur die dak kan spring! Sy ruk sommer ’n klomp uit of besluit soms om hulle een vir een te probeer uitpluk – dat sulke klein handjies so kan raakvat!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees