book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Die 'magic' is terug in Kersfees

akkreditasie
Carla (31) en Joakim (36) Kargaard van Stavanger 
met hul spruite, Josua (3) en Elias (1).
Carla (31) en Joakim (36) Kargaard van Stavanger met hul spruite, Josua (3) en Elias (1).

Ek het in die 1990’s laas die kinderlike opwinding van Kersfees ervaar – daardie magic gevoel wanneer jy die slapies aftel en elke dag die geskenke onder die boom inspekteer om te probeer raai wat jy gaan kry. Maar ’n mens word groot en die lewe gaan sy gang. Voor jy weet is Kersfees net ’n oorgewig oom in ’n rooi pak, ’n besige winkelsentrum en ’n rits take wat jy moet afhandel.

Ek het begin wonder hoe ek hierdie fees weer kon afstof en blink vryf, veral omdat ek wou hê dat Josua en Elias mooi herinneringe moes koester – nie nagmerries van ’n knorrige ou draak agter die kospotte nie! Min het ek geweet dat ek so te sê Noordpool toe sou moes verhuis om daardie vlammetjie weer aan die brand te steek.

Verlede jaar was dit my en my gesin se eerste Kersfees in Noorweë, en wat ’n fees was dit nie! Die opwinding begin reeds op 1 Desember. Ná aandete word ’n spesiale kers aangesteek (ek noem dit sommer die opsitkers), waarop 1 tot 24 Desember afgemerk is. Die kerswas moet elke aand smelt tot by daardie spesifieke dag se merk. Ná ’n uur of twee van lekker gesels blaas jy hom dood en gaan slaap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees