book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Die somer is hier!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is min dinge so lekker as om in die son te baljaar, maar ons Suid-Afrikaanse son moenie onderskat word nie, veral nie as dit by kinders kom nie. Selfs op bewolkte dae kan kinders baie seer brand en in die somer behoort ’n sonskerm een van jul daaglikse gebruiksmiddels te wees.

Daar is deesdae allerlei oulike sonskermverpakkings in die vorm van rome, stafies en aanspuitmiddels. Hou ’n buisie in jou motor, handsak en die doeksak, en smeer dit soggens aan jou kind se vel nog voor jy sy klere aantrek. Dit moet deel van jul daaglikse roetine wees. Sit ’n wyerandhoed op sy kop of ’n keps wat sy hele gesiggie toemaak. Hou in gedagte dat jou kind selfs deur sy klere kan brand.

Beplan jul uitstappies vir vroegoggend of later in die middag – die son se strale is op hul gevaarlikste tussen 10:00 en 15:00. Kleuters moet ’n sonskerm met ’n beskermingsfaktor van 15 of hoër gebruik. Toets eers ’n klein deeltjie van sy vel om seker te maak dat hy nie sensitief vir die sonskerm is nie – baie middels bevat groot hoeveelhede chemikalieë waarop sy vel kan reageer. Probeer om nie sonskerm naby sy oë of wenkbroue te kry nie; dit kan in sy oë drup as hy sweet. Moet dit ook nie aan sy handjies of vingers smeer nie, anders beland dit dalk in sy mond of oë. Smeer die sonskerm aan 30 minute voor julle uitgaan omdat dit ’n rukkie duur voor sy vel dit absorbeer. Smeer dit weer deur die loop van die dag aan, veral as hy klaar geswem het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees