book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Doelbewus in die kalm sone

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Alle ouers wil eerder rustig en kreatief voel as uitgemergel en prikkelbaar. Die Johannesburgse sielkundige Noa Belling, skrywer van die topverkoper The Mindful Body, sê as jy maniere kan vind om jou energievlak te voed, maak dit ’n groot verskil aan jou welstand en hoe jy jou kinders hanteer.

Die “plek” waar jy moet wees, is die ”sone van welstand”, sê Noa. Dis ’n plek van veerkragtigheid en verdraagsaamheid.

“In dié sone voel ons goed en gelukkig. Ons voel koel, kalm en agtermekaar en tevrede met ons verhoudings. Ons voel ons kan die wipplank van die lewe hanteer asook die bedrywigheid. Dis tye wanneer ons doeltreffend is en dinge gedoen kry. Ons is fyn op ons kinders ingestel, ons bons gou van terugslae terug en as dinge taai raak, vind ons maklik kreatiewe oplossings vir uitdagings. In die ‘sone van welsyn’ is ons die beste weergawe van onsself.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees