book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Drie generasies onder die boom

akkreditasie
Baba & Kleuter
Baba & Kleuter

My eerste baba is in Duitsland gebore. Ons het by my skoonma in ’n rietdakhuis in die woud gewoon en dit het daardie Kersfees gesneeu soos dit honderd jaar laas daar gesneeu het. Dit was ook my skoonma se eerste Kersfees as ouma. Ek het al haar stewels en pelse geleen om buite mee rond te loop en klein Sophia is met ’n warmwatersak en ’n skaapvel opgebondel en op ’n slee rondgesleep. My eie ma, Sophia se ander ouma, het kort voor Kersfees kom kuier. Dit was haar eerste reis oorsee en om ’n wit Kersfees te beleef is natuurlik iets besonders. Winter is ’n bedrywige tyd in die woud, maar ’n dag of twee voor Kersfees het alles tot ruste gekom en ons het as uitgebreide familie – jaghonde ingesluit – voor die reusagtige kaggel geboer. Klein Sophia was die middelpunt van aandag en ek is as nuwe ma op die hande gedra. Kort-kort het lekkernye uit die oond gekom en die twee oumas het elke aand by die Kersboom ’n glasie Prosecco geklink op hul pragtige kleinkind. My skoonma kan glad nie Engels praat nie en my ma kan glad nie Duits praat nie, maar ek het daardie Kersfees gesien hoe die liefde wat hulle vir my, my man en ons baba het van hulle twee ook familie maak. My kinders is so bevoorreg om twee sulke wonderlike oumas te hê.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees