book-icon Uitgawe Mei & Junie 2020

Een sussie op aarde, een in die hemel

akkreditasie
Amelia Language en Miané is kampvegters vir inenting
Amelia Language en Miané is kampvegters vir inenting

Agt jaar gelede het Amelia Language haar Jennifer in die neonatale intensiewe sorgeenheid gegroet. Dit was verby nog voor sy kans gehad het om haar pragtige swartkoppie te sien grootword en haar behoorlik te leer ken.

“Jennifer is op 36 weke gebore. Sy was net 11 daggies oud toe sy ’n hewige koors ontwikkel en skielik begin opgooi het,” vertel die 34-jarige ma van Centurion.

Die dogtertjie is in die neonatale waakeenheid van ’n Pretoriase privaat hospitaal opgeneem waar antibiotika onmiddellik toegedien is. Maar ’n MR-skandering het gewys die Streptococcus pneumoniae wat toe reeds breinvliesontsteking veroorsaak het, het in daardie stadium al 90 persent van klein Jennifer se brein beskadig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees