book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Eet tog net iets!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy jou kind probeer dwing om te eet, pluk jy net ’n lat vir jouself. In die eerste plek werk dit nie – jy sal jou kind nie werklik sover kry om te eet nie. In die tweede plek skep dit ’n aaklige atmosfeer aan tafel. In die derde plek gaan jou kind net meer vasbeslote weier om te eet.

Het jy nog meer oortuiging nodig om die dwingery te laat staan? ’n Kind wat gedwing word om te eet, kan later nie meer self onderskei of hy honger is of nie, en kan later maklik ’n ooreter word of aan allerhande eetsteurnisse ly.

Klein kinders weier dikwels om met etenstyd te eet omdat hulle tussenin te veel gepeusel het. En as hulle boonop aan die verkeerde goed gepeusel het, soos lekkers, koekies en koeldrank, is dit nog erger.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees