book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Elke dag is Vadersdag

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Wanneer jy jou piepklein mensie in haar wiegie sien lê, vra ’n stem in jou kop waarskynlik: Hoe gaan ek hierdie bondeltjie leer ken? Wat moet ek doen om ’n goeie verhouding met haar te ontwikkel?

Gelukkig is daar baie wat pa’s kan doen om te sorg dat hulle van die begin af ’n sterk, bindende verhouding met hul kinders het. Onthou, behalwe vir borsvoeding is daar nie ’n enkele ding wat ’n vrou vir ’n kind kan doen wat ’n man nie ook kan nie!

Selfs tydens die swangerskap kan pa al sy stem(pel) afdruk. Dit is bekend dat kinders in die baarmoeder op geluide van buite reageer. Praat met jou kleinding sodat sy jou stem leer ken. Sing vir haar, vertel vir haar stories en laat haar sommer nou al weet hoe bly jy oor haar koms is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees