book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Gesels en speel die oppasser genoeg met my kind?

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

My babadogtertjie is nou drie maande oud en ek is amper op pad terug werk toe. Sy gaan bedags by ’n oulike oppasser bly. Ek het nie kameras in my huis nie, maar hoe sal ek weet dat sy wel met haar speel, gesels en haar stimuleer?

Dis nie altyd maklik om terug te keer werk toe nie. Gelukkig is daar in verskeie langtermynstudies gevind dat wanneer ’n ouer terugkeer werk toe, dit voordele vir haar kind se ontwikkeling kan inhou. Maar soos met alles in die lewe is daar nadele ook aan verbonde wanneer jy weer begin werk.

Wanneer kinders gelief, veilig en geborge voel, vind gesonde brein- en emosionele ontwikkeling plaas. Daarom is dit belangrik dat jou babatjie bekend moet wees met die oppasser. Reël vooraf ontmoetings en bring tyd saam deur voor jy teruggaan werk toe. Dis belangrik dat die oppasser warm en empaties moet wees. Sy moet deernis hê en verdraagsaam en meelewend wees. Skep ’n omgewing wat gekenmerk word deur koesteringsrituele en voorspelbare roetines. Moedig die oppasser aan om byvoorbeeld kiekeboe met jou baba te speel elke keer wanneer haar doek geruil word. Laat sy vir jou terugvoering gee oor die dag se doen en late, hetsy dit op ’n stukkie papier, in ’n boekie of op ’n app is. Moedig haar aan om nie net te skryf wat hulle doen nie, maar ook hoe jou dogtertjie daarop reageer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees