Dis ’n vreemde verskynsel dat twee ouers soms kan sukkel om die samewerking van een kleuter te verkry, maar een juffrou kan die samewerking van 25 kleuters kry. En sy laat dit maklik lyk!
Wat is die geheim? Elmarie van Kampen, ’n ervare kleuterskooljuffrou van KwaZulu-Natal, deel haar top-twaalf wenke uit dieklaskamer. Pas dit sommer tuis ook toe om jou kleuter meerinskiklik te maak.