book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Hou jou man, baba of nie!

akkreditasie
Helene en Minki (20 maande) van der Merwe
Helene en Minki (20 maande) van der Merwe

“Ek is moeg.” Ekskuus? Hoe is dit moontlik ná ’n ononderbroke nagrus? Hoe durf jy dit sê? Probeer ’n bietjie deurnag borsvoed, winde uitvryf, weer borsvoed en as jy gelukkig is, jou oë ’n paar minute toemaak voor alles weer van voor af begin! Woede. Koelbloedige woede borrel en bruis deur my. Dit is alles jou skuld. Ek háát jou!

Dit klink dalk of ek oordryf, maar ongelukkig is bogenoemde verskynsel iets wat ná baba se koms gereeld in ons huis gebeur. Ek is getroud met ’n wonderlike man – ’n fantastiese pa en boonop my sielsgenoot. Terwyl ek skryf, kom ek met ’n skok agter dat dié uitbarsting eintlik niks met hom te doen het nie, maar dat ek die helfte van die probleem uitmaak.

Die Amerikaanse paartjie-berader John Gottman sê 67 persent van paartjies se huweliksbevrediging stort ná baba se koms ineen. Dis ’n skrikwekkende syfer, maar so seker as wat baba ontelbare doeke gaan vuil maak, so seker is dit dat jou baba álles verander. En dit kan jou selfs jou huwelik kos. Die rede: Baie mammas hap gereeld na manlief oor die kleinste goedjies en die klein jakkalsies kan uiteindelik ’n huwelik verwoes.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees