book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Inboks

akkreditasie
Baba & Kleuter
Baba & Kleuter

’n Rukkie gelede, toe ek en my man besluit het ons gaan met ’n gesin begin, het ek twee jaar lank elke maand Baba & Kleuter gekoop en gelees. Ek wou 110 persent voorbereid wees en die beste besluite oor ons baba kon maak. Niks kon my voorberei op die oorweldigende gevoel van verantwoordelikheid, angstigheid en liefde toe ek Lisa die eerste keer vashou nie. Om eerlik te wees is ma wees glad nie vir my natuurlik nie. Ek dank die liewe Vader elke liewe dag vir ’n kind soos Lisa. Behalwe dat sy gesond en volmaak is, is sy so geduldig met my. Sy lê en wag tot mamma uiteindelik die frokkie se mou oor haar hand gewoel het, wag rustig tot mamma klaar melkies uitgepomp het – al moes melkietyd lankal begin het. Ek is ’n senuweewrak as ons iewers gaan kuier. Ek wonder of sy nie siek gaan word tussen so baie mense nie en of sy gaan huil as iemand anders haar vashou. Maar selfs ná so ’n lang dag word ek steeds teen badtyd met die oulikste geselsies en glimlaggies beloon. Die Here het ons werklik geseën met ’n dogtertjie wat die ma-avontuur makliker maak. Ek is vir ewig dankbaar! Sunette Smith, Langebaan, Wes-Kaap.

Ek was so opgewonde toe ek uitvind ek verwag my tweede baba. Nou gaan ouboet Travers ’n maatjie kry. Ek was natuurlik heeltemal oortuig dat dit ’n dogtertjie sou wees, net om op 16 weke al my drome van pienk rokkies en mooi poppe vir nóg meer karretjies en blokkies prys te gee. Nou, vier jaar later, is ons baie dankbaar vir broederliefde. Die twee is sulke groot maatjies en kan elke dag ure lank saamspeel. Die poppe in my kas laat my nou met ’n hart vol mooi herinneringe aan toe ek klein was. My huis is besaai met dinosourusse, manlike figuurtjies en twee broerlyfies wat dit met vreugde deel. Dankie, Here, vir broederliefde en my twee boetas! Laetitia Jordaan, Bloemfontein, Vrystaat.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees