book-icon Uitgawe Mei & Junie 2020

Jou kind se selfstandigheid: Ek wil self!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy kan nie toilet toe gaan met ’n toe deur nie, dan huil sy. By ’n partytjie klou sy soos ’n seekat aan jou been of wikkel haar onder jou rok in sodat jy sukkel om kuis te bly ...

Byna alle kinders is in die een of ander stadium ’n bietjie uitputtend klewerig. Tog, as hulle die dag hul vlerkies begin sprei, wil jy instinktief stywer vashou, asof jy weet jy gaan ’n bietjie kaler wees sonder’n kleinding wat so heeltemal van jou afhanklik is.

Om selfstandig en onafhanklik van jou te leer funksioneer, is egter een van die belangrikste mylpale wat jou kleutertjie kan bereik. Onafhanklikheid help haar om ’n eie identiteit, positiewe selfbeeld en selfvertroue te ontwikkel. Sy leer ook hoe om met ander mense om te gaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees