GERAT VIR FIKSHEID

Baleia Wines & Olive Oil lê langs die N2 naby Riversdal in die Wes-Kaap, en bied op Saterdag 8 September hul derde jaarlikse bergfietsuitdaging en hul tweede veldwedloop aan. Vir die bergfietsuitdaging kan jy uit twee afstande kies: 20 km (R100) en 63 km (R200). Albei begin 08:00. Daar is ook twee afstande vir die veldwedloop: 6,5 km (R60) en 16,5 km (R100) – albei spring ook om 8:00 weg. Registreer aanlyn by baleiawines.com, of by die kelder op Vrydag 7 September of vroeg op Saterdagoggend 8 September.Skenk maselsinentings Vir elkeen van hierdie Sophie La Girafe-geskenkpakke (links) wat jy koop, word drie maselsinentings vir Dokters Sonder Grense befonds. ’n Geskenkpak kos R369. Vind jou naaste handelaar by sophiegiraffe.co.za.

Help opruim

Daar beland jaarliks sowat 8 miljoen ton vullis wêreldwyd in die omgewing. Die Let’s Do It!-veldtog wil ter ere van Wêreldopruimdag op 15 September die grootste skoonmaaksessie in die wêreld hou. Plastics SA span met die Oseaanbewaringsraad saam en beplan om vullis vanaf 10 tot 15 September 2018 in waterweë te versamel en te verwyder as deel van die Cleanup & Recycle SA-week. Nog inligting is te vinde by plasticsinfo.co.za en letsdoitworld.org.

Sophie La Girafe

Pret vir die hele gesin

Woon die Everything Kids Expo by op 29 en 30 September by The Glen Shopping Centre in Oakdene, Johannesburg. Daar is vertonings en vermaak, heerlike kos en lekker pryse te wen. Daar sal ’n verskeidenheid handelsmerke, dienste en produkte vir babas, kinders en swanger vroue te koop wees. Gaan na everythingxexpo.com of vind hulle op sosiale media as @everythingxexpo.

Boeke vir ma en kind

Kook saam Die Klein Kook & Geniet deur S.J.A. de Villiers en Eunice van der Berg is ’n eg Afrikaanse kookboek vir kinders en beginners. Dit is geskik vir alle ouderdomme en bevat meer as 55 staatmaker-resepte wat spesiaal deur Eunice uitgesoek en getoets is. Elke metode word met stappe en kleurfoto’s verduidelik en kindergunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza is ingesluit. Human & Rousseau, R265.

Jou verhoudings Ek & jy is deur Louis Awerbuck & Lise Swart geskryf. Die boek help jou om die verhoudings in jou lewe op te pas en te verbeter. Daar word gekyk na liefdesverhoudings, vriendskappe en ook jou verhouding met kollegas en familie. Sake soos hoe verhoudings ontstaan, jou verwagtinge, hoe om te onderskei tussen korttermyn- en langtermynverhoudings, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament word bespreek. Human & Rousseau, R280.

Jou kind se hart Kweek kinders met heel harte deur Hettie Brittz is ’n gids vir ouers oor hoe om hul kinders reg groot te maak te midde van moderne uitdagings soos sosiale media. Hettie is ’n ouerskapskenner wat verskeie kwessies bekyk soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweek van ’n goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak eienskappe. NB Uitgewers, R180.

Boeke om nou te lees