book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Jou nuus

akkreditasie
Colour Splash Festival
Colour Splash Festival

Die Colour Splash Festival is ’n groot en gesinsvriendelike gebeurtenis wat op Saterdag 3 November op die Bolandse dorpie Rawsonville gehou word. Die fees word in samewerking met die Kleinspan Kleuterskool en die Rawsonville-Breedevallei-gemeenskap aangebied en sluit ’n verskeidenheid fietswedrenne, pretdrawwe, netbal- en raakrugbywedstryde in – tot zumbadans! Elke sportgebeurtenis sal sy eie poeierverfstasie met helder kleursakkies hê. Kaartjiepryse wissel van R100 tot R300, afhangende van waaraan jy deelneem, en ook of jy ’n volwassene of kind is. Gaan na coloursplash.co.za om kaartjies te koop, of stuur ’n e-pos na info@coloursplash.co.za.

Die derde Courageous Women Arise-vrouekongres vind op 13 Oktober van 09:00 tot 12:00 by die Atterbury-teater in Pretoria plaas. Bekendes soos Sunet Vermaak (Style Guru op Glam Guru), Nadia Beukes (televisieaanbieder, aktrise en sangeres) en Laetitia Dee (lewensafrigter, spreker en skrywer) is gassprekers en Amorie Pearson, eienaar van Amorie Arts en sportredakteur, is die aanbieder van die geleentheid. Daar is ook pryse te wen. Jy kan jou kaartjie by computicket.com koop of ’n e-pos stuur na laetitia@laetuslife.com. Kaartjies kos tussen R250 en R300. Gaan na laetuslife.com om nog inligting te kry.

As jou gesin lief vir die buitelewe is, is Die Groot Plaasproe van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober 2018 op Sandringham buite Stellenbosch net die ding vir julle. Daar kan julle tradisionele lekkernye soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, wyn en meer kry. Die kinders kan meer as 300 verskillende diere ontmoet, skaaphonde aan die werk sien en leer hoe wol gespin en koeie gemelk word. Kinders kan ’n melkbok rondlei, op ’n ponie ry en saam met miniatuurperde en -donkies kuier. Op die Saterdag kan groot en klein hul slag wys met boeresport en ’n roomyseet-kompetisie, sokkie en langarm op die maat van die gewilde kunstenaars Die Broers en Wynand en Chereé, of saam met 250 lyndansers leer lyndans met musiek deur Die Wildberries. Die fees vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by computicket.com en die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes en R30 vir leerders (gratis op Donderdag en Vrydag). Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Gaan na diegrootplaasproe.co.za vir nog inligting. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees