Vir jou slimkop

Vodacom se platform, Video Play, bevat kinderinhoud wat kort animasies, liedjies en videoboeke insluit. Hoewel dit nie in Afrikaans is nie, is daar opvoedkundige materiaal vir jou slimkop soos Science Max, Thomas Edison’s Secret Lab, When I Grow Up en Mysteries of Evolution (Da Vinci). Vir jou jonger kind is daar ook oulike video’s soos Seven Little Monsters en Rita and The Crocodile. Gaan na videoplay.co.za om te registreer.

Getty Images
Getty Images

Doen veilig inkopies

Sandton City in Johannesburg het ’n eksklusiewe babaversorgingsarea langs Checkers Hyper ingerig. Jy kan daar borsvoed, jou kind se kos verhit en doeke ruil. Daar is ook ’n gesins­toilet en speelplek. Die babaversorgingsarea word veilig gehou deur ’n geslote­kringtelevisie-stelsel en ’n streng intekenproses. Sandton City bied ook ’n “Secure a Child”-stelsel waar jou kinders ’n horlosie kry wat alarm maak as jou kind te ver van jou wegbeweeg. Die horlosies het ook ’n paniekknoppie vir kinders wat in die moeilikheid is. Kry nog inligting by sandtoncity.com.

Hou partytjie by Wimpy

As jou kind ’n bekende Nickelodeon-tema wil hê, is Wimpy jou antwoord. Wimpy het ’n vennootskap met Nickelodeon aangegaan en bied partytjies aan met temas soos Paw Patrol, Shimmer & Shine en Blaze and the Monster Machines

Al wat jy moet doen, is om by wimpy.co.za/Kids/Book a Party te registreer en die drie maklike stappe te volg: Kies die Wimpy die naaste aan jou, kies die datum en tyd, en kies die partytjietema. Die restaurant sal die bespreking met jou bevestig en siedaar! jou partytjie is gereël.

Daar is drie ete-opsies wat op die dag van die partytjie bevestig kan word. Elke opsie sluit ook ’n koeldrank en ’n Snowfreeze- roomys­horinkie in.

Gesigverf en ballonkuns is ook ingesluit, asook die koppies, borde, servette, ballonne en ’n verrassing in die tema van julle keuse. Gaan na wimpy.co.za vir nog inligting.

Nuwe baadjie vir Pienkvoet-Pret

Pienkvoet-Pret is amper 20 jaar oud en het pas ’n nuwe logo en aanlynwinkel gekry. Behalwe vir Pienkvoet-Pret se Afrikaanse ma-en-baba-ontwikkelingsklasse is daar ook nou ’n opsie om jou kleuter in ’n Pienk­voet-Pret-speelskool te plaas as hy te oud vir die ontwikkelings- en stimuleringsklasse is. Gaan na pienkvoetpret.co.za vir nog inligting.

WAT NET MA'S WEET

As jy ’n ma is, sal jy weet dat jou denke, optrede en emosies dié van jou kinders vorm. Jy doen elke dag jou bes om die regte keuses vir jou kleingoed te maak, maar hunker soms na ’n veilige plek waar jy asem kan skep. As dit vir jou bekend klink, lees gerus die weeklikse blog The Art Of Co-Creating, wat deur dr. Melodie de Jager geïnspireer is. Gaan loer by theartofcocreating.co.za.

Viets en sterk

Bodytec bied oefensessies aan wat spesifiek vir jou liggaam ontwerp is met die doel om jou lyf ná jou baba se geboorte sterk en viets te kry. 

Tydens Bodytec-oefensessies word elektrospierstimulasie (EMS) met gewone liggaamsgewigoefening gekombineer, wat dit baie doeltreffend maak. EMS aktiveer die spiere terwyl jy ’n beweging soos ’n hurksit uitvoer. 

Bodytec-oefeninge kan jou metabolisme versnel, liggaamsvet verbrand, spierwanbalans stabiliseer (soos in die geval van onderrugpyn) en kan selfs jou bekkenvloerspiere versterk.

Bodytec stel voor dat jy met EMS-oefeninge begin ses tot agt weke ná ’n natuurlike geboorte en agt tot 12 weke ná ’n keisersnee. Gaan na bodytec.co.za vir nog inligting.