book-icon Uitgawe Julie & Augustus 2020
Deel

Jou ouerskap-nuus

akkreditasie
Baba & Kleuter
Baba & Kleuter

Covid-19 oorheers die nuus; dis te verstane. Allerhande gesondheidsorganisasies waarsku egter dat lande nie kan slaplê met die voorkoming enbehandeling van ander siektes nie. Wanneerinentingskedules nie nagekom word nie, kan dit later in die jaar grootskeepse infeksies tot gevolg hê, waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Uit navorsing by die Johns Hopkins-universiteit in Amerika blyk dit dat tot ’n miljoen vroue en kinders in lae- en middelinkomstelande binne die volgende ses maande kan sterf omdat die pandemie roetine-gesondheidsorg ontwrig het. Die gevare sluit in dat voorbehoeding nie beskikbaar is nie en dat voorgeboorte- en nageboor­tesorg asook inentings ontwrig word. Toegang tot toerusting, voorraad en personeel word ook gekniehalter. ’n Styging in malaria- en maselsgevalle word verwag.

Boodskap aan ons lesers: Moenie dat die pandemie jou laat vergeet van jou kind se gewone inentings nie. Dis nou belangriker as ooit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees