book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Jou ouerskapnuus

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou immuunstelsel ondergaan fassinerende veranderinge terwyl jy swanger is. Die mediese skool by die Amerikaanse Stanford-universiteit het onlangs ’n studie die lig laat sien wat aandui hoe spesifieke veranderinge op presies voorspelbare tye tydens swangerskap geskied. Die veranderinge help jou om swanger te word, swanger te bly en teen voltermyn die lewe te skenk, maar beteken terselfdertyd ook dat jy in hierdie tyd meer vatbaar vir siektes is. Sekere dele van die immuunstelsel word versterk en ander word onderdruk terwyl jy aan daardie baba bou.

Hannelise Rademan, ’n geregistreerde dieetkundige van die Wes-Kaap, beklemtoon dat vitamiene en minerale boublokkies is van ’n sterk immuun- stelsel. Sy sonder vitamien A, C en D uit, asook sink en omega 3-vetsure. Terwyl jy swanger is, het jy ’n balans van koolhidrate, proteïene en gesonde vet in jou dieet nodig, asook mikro-voedingstowwe soos yster, folaat, kalsium en B-vitamiene. Om seker te maak dat alle gapings in jou dieet gedek word, is ’n spesiale aanvulling soos PregOmega Plus tydens swangerskap beslis ’n goeie idee.

Hannelise beveel ook aan dat jy voorraad aanskaf van die volgende kosse: patats, boerenkool, broccoli, bok choy, spinasie, rooi soetrissies, bessies, sitrusvrugte, salm, forel, sardientjies, ansjovis, makriel, tuna, maer vleis, hoender, eiers, heelgraan, pampoensaad, vye, avokado, piesangs, neute, sade, swartbone, kekerertjies, rooi nierbone, ertjies, kool, groenbone, artisjokke, aspersies en brusselse spruite.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees