book-icon Uitgawe Mei & Junie 2020

Jou ouerskapsnuus

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Suid-Afrika het die hoogste aangemelde koers van fetale alkoholspektrumsiekte (FASD) in die wêreld. FASD is meer algemeen as Down-sindroom, spina bifida en outisme saam. Geen sosio-ekonomiese groep word uitgesluit nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is die gemiddeld vir FASD wêreldwyd sowat 1,5 persent, terwyl dit in Suid-Afrika wissel van 2,7 tot 28 persent.

Sowat ses miljoen mense in Suid-Afrika word deur FASD geraak en minstens drie miljoen mense deur fetale alkoholsindroom (FAS), sê die Foundation for Alcohol Related Research (FARR). Die skade wat deur FASD aangerig word is permanent, en enige hoeveelheid alkohol gedurende swangerskap kan dit veroorsaak. Moet dus nie alkohol drink terwyl jy swanger is nie! Aware.org en die FARR staan saam om mense bewus te maak van FASD. Hierdie organisasies lei onder andere professionele gesondheidswerkers en ander mense op om mense met FASD te help. Gaan na aware.org.za en farrsa.org.za om betrokke te raak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees