book-icon Uitgawe Oktober & November 2018

Katpraatjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Vlooie is alledaagse parasiete wat hulle graag op jou huiskat tuismaak. Kyk so of jou kat vlooie het: Draai hom op sy rug en ondersoek sy maag, lieste en die onderkant van sy stert. Kyk ook na jou kat se ore en soek krapmerke, rooiheid en bloed of vuil plekkies – dit kan alles tekens van vlooie wees. As jy dit wel raaksien, kan jy by jou naaste veearts of dierewinkel vra vir voorkomingsmiddels en voorkomende behandeling. Oorweeg Frontline Plus Cats of Broadline for Cats.

Die Kitty and Puppy Haven is ’n veilige hawe in Midrand wat hul deure in 2000 oopgemaak het met die doel om verwaarloosde, mishandelde en weggegooide diere te red. As jy ’n dier wil aanneem, kan jy hierdie veilige hawe besoek om die diere te ontmoet en aannemingsvorms in te vul. Daar is ook ’n winkel wat allerhande dierebenodigdhede verkoop. Om hierdie organisasie te help, kan jy ook ’n SMS-skenking maak. SMS eenvoudig KPH na 48748 om R10, of KPH na 40580 om R20 te skenk. Gaan na kittypuppyhaven.org.za.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees