Dié partytjie is so slim en bewys dat jy nie duisende hoef uit te gee nie

Hier is ‘n paar beginsels wat altyd op ‘n suksesvolle viering uitloop:

  • Hoe jonger jou kind, hoe minder maatjies moet jy nooi. Tweejariges kan maklik oorweldig voel deur ’n groot groep en talle kleintjies het al op hul eie partytjie in die kamer gaan wegkruip. Hou dit dus klein; dis in elk geval deesdae ‘n veiliger opsie.
  • Kies die tema om jou kind gelukkig te maak, nie om ander ma’s te beïndruk nie. Dink oor wat jou kind se ware liefdes en voorkeure is en brei dan daarop uit.
  • Partytjies in die vars lug is goed vir die aptyt en nare virusse waai weg voor almal mekaar aansteek. Ventilasie is ‘n belangrike voorkomingsmiddel en nêrens is beter as buite nie.
  • As jy partytjie in ’n park hou of op die strand, bly jou huis uit die slag. Bonus!
  • Ouderdomsgepaste aktiwiteite is wat die kinders die meeste geniet. Hulle wil speel! Enigiets wat die verbeelding inspan, is gewild. Kinders wil nie stilsit nie. Beplan dus aktiwiteite waar hulle kan beweeg en dinge doen! Enigiets met water sal altyd aftrek kry.

Besempies, verestowwers en vadoeke is aan die wasg
Besempies, verestowwers en vadoeke is aan die wasgoedlyn gehang. Die maatjies het alles in die parkie met sproeibottels bygekom en verder met die besempies, stowwers en vadoeke gewerskaf om te sorg dat die park deeglik skoongemaak word.
Nicholas hou van skoonmaak! Die sproeibotteltjies
Nicholas hou van skoonmaak! Die sproeibotteltjies het die kleingoed lank besig gehou en hulle kon na hartelus alles in die parkie bespuit en poets.
Nicholas is dol oor die stofsuier en oor skoonmaak
Nicholas is dol oor die stofsuier en oor skoonmaak. Dit het die inspirasie vir die parytjie geword. Sy koek het soos ‘n blinkrooi stofsuier gelyk.
“Weens die inperkingsregulasies kon ons nie ‘n gro
“Weens die inperkingsregulasies kon ons nie ‘n groot gedoente hê nie. dis hoekom ek op ’n skoonmaaktema besluit het. Daar was net drie maatjies en ons het dit by ‘n parkie naby ons huis gehou,” vertel ma Roomene. Die partytjiepakkies was geel rubberhandskoene met elke kind se naam op.
Roomene en Lourens Calitz en hul spruite: Nicholas
Roomene en Lourens Calitz en hul spruite: Nicholas, wat twee jaar oud geword het, en klein Ellyn (nou agt maande oud). Die gesin het weens die pandemie-­inperkings buite partytjie gehou.


Blink Idees
  • ‘n Mop is darem ‘n lekker ding om mee te speel. Laat die kinders gerus mors – dis goed vir hulle en julle is immers buite. 
  • Begin lank voor die partytjie reeds om leë sproeibottels bymekaar te maak. Dit gaan al die gaste se gunsteling-aktiwiteit wees. Vul dit met water waarby jy ‘n druppel lekkerruikolie of vanielje voeg. 
  • Elke skoonmaakpartytjie moet prettige verestowwers hê. ‘n Verestowwer is eintlik so ‘n mooi ding! Julle kan kamma-kamma daarmee afstof of mekaar kielie.
  • Handskoene vir party­tjiepakkies bou die tema prettig uit. Vul die vingers met lekkergoed. Dis maklik om ‘n knoop daarin te maak as die maatjie dit huis toe wil neem.
  • Vadoeke kos nie veel nie en jy kan dit agterna goed in jou huis benut. Die klassieke geruite rooi-en-wit patroon kan maklik deurgevoer word na die res van die partytjie-dekor.
Patytjie-tema vir ons tye


Wys vir ons As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na sharing@ypbmagazine.com of deel met ons op Instagram @babaenkleuter_tydskrif