book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Kleinboet word ouboet

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy gaan nooit presies weet wat in daardie peuterkoppie aangaan wanneer jy die koms van ’n nuwe baba verduidelik nie. Moenie te veel moeite doen om hom alles presies te laat verstaan nie. Die belangrikste is dat hy betrek word by die opwindende gebeurtenis sodat dit vir hom ’n oorwegend positiewe ervaring word om sy nuwe boetie of sussie tuis te verwelkom.

Groot verandering gaan altyd met ’n mate van pyn gepaard. Volg ons wenke om die proses vir jou geliefde eersteling ’n bietjie makliker te maak.

1. Peuters se tydsbesef werk nie soos ons s’n nie – nege maande is vir hulle ’n ewigheid. Wag gerus maar met die nuus van die swangerskap tot jou magie begin wys en tot jy ’n sonar-foto of twee van die nuwe baba in jou “maag” het. Dit maak jou storie oor die nuwe baba wat kom vir jou peuter baie meer konkreet. Wag ten minste tot na die eerste trimester wanneer die gevaar van ’n miskraam kleiner is. As jy beplan om ’n amniosentese te laat doen, wag tot daarná ook.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees