book-icon Uitgawe Augustus & September 2018

Laat die liefdesvlam witwarm brand!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Te midde van die chaos van bors- voeding, te min slaap en die splinternuwe en reuse-verantwoordelikheid wat saam met ouerskap kom, kan ’n mens baie maklik vergeet hoekom jy en jou lewensmaat in die eerste plek jul skoene onder dieselfde bed ingeskop het. Of soos een uitgeputte nuwe ma dit stel: “As jy ’n baba het wat net vir 20 minute op ’n slag slaap, is sy slaaptye nou nie juis die ideale tyd om jul sekslewe op te kikker nie, tensy julle werklik die storie blitsig kan doen! Dit is regtig moeilik om so vinnig van my ma-rol na my vrou-rol oor te skakel wanneer my man ‘daardie kyk’ in sy oë kry.”

Die goeie nuus is dat daar werklik hoop vir jou sekslewe is in die maande nadat jy die lewe geskenk het, al vertel jou vriendinne vele stories wat dit onmoontlik laat klink! Die geheim is om jou verwagtinge van intimiteit aan te pas eerder as om dit tot heel onder op jou doenlysie te skuif. Leandie Buys, ’n kliniese seksuoloog van Port Elizabeth en skrywer van die boek Seasons of Sex, sê dit kan baie help om jou libido en jul sekslewe op dreef te kry as jy jou maat visualiseer soos hy was toe julle net begin uitgaan het. Laat jou toe om dieselfde opwinding te ervaar wat julle destyds gevoel het. En, soos altyd, is kommunikasie uiters belangrik. “Jy en jou maat beleef nou soveel veranderinge. Daarom is dit belangrik dat jy jou gevoelens met hom deel,” sê Leandie. “Praat oor jul bekommernisse, jul begeertes, jul behoeftes, jul voorkeure en jul verwagtinge. Hoe meer openlik en eerlik julle met mekaar daaroor is, hoe dieper word jul emosionele en seksuele band.” As jy steeds bang is dat jul sekslewe deur jul bedrywige en uitputtende ouerskapskedules ondermyn word, volg die volgende wenke om nuwe lewe in jul gevoelens te blaas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees