book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Lesersbriewe: Inboks

akkreditasie
Baba & Kleuter
Baba & Kleuter

Ek het gedink dit sou onmoontlik wees om nog ’n kind so lief te kry soos ek my oudste dogtertjie, Klara, het. Met Klara se geboorte het my hele lewe vir ewig verander. Alles wat ek uit eie begeer­te en behoefte gedoen het, het binne een sekonde met Klara se eerste asemteug ver­ander. Alles wat ek van toe af gedoen het, doen ek vir my Klara. Ek het ver­dwyn en ’n ma het te voorskyn gekom. Dis tog onmoontlik dat ek nóg ’n klein mensie so lief kan hê, of hoe?

Toe word my kleine Talita gebore en sowaar, weer ’n keer verander my lewe. Alles wat ek vir een kleinding gedoen het, doen ek nou vir twee.

My hart groei en rek nog ’n keer, meer as wat ek ooit gedink het moontlik sou wees. Al die opstaan in die nag, al die opoffering, al die doeke ruil en melk gee, al die kere aan die slaap maak, is alles én oor en oor die moeite werd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees