book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Lief vir water? Leer swem!

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is baie swemskole wat babas van ’n paar maande oud leer swem, sê Sean en Odette Swartz, wat in Bloemfontein klein kindertjies vir water lief maak. Hoewel hulle nie voorstanders is van swem-afrigting vir babas tussen ses weke en agt maande oud nie, meen hulle dat dit beslis doenbaar is.

Babas word in hierdie vroeë stadium geleer om op die water te dryf. As jy jou baba so vroeg al waterwys wil maak, is die Swartz-egpaar se raad dat jy jou huiswerk goed doen voor jy ’n swemskool en -afrigter kies. Jy moet ook seker maak die swembad waarin hulle leer swem, het ’n temperatuur van minstens 30 grade Celsius. Babas kan baie vinnig liggaamshitte verloor as die water kouer is omdat hul koppie, wat ook hul hittereguleerders is, altyd tydens swemlesse nat is.

Hou ook in gedagte dat groot openbare swembaddens nie geskik is vir klein babas nie, aangesien hulle eers van omtrent ses maande af genoeg immuniteit opgebou het teen algemene wateroordraagbare kieme.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees