book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Ma-entrepreneur: Handgemaak, met liefde

akkreditasie

’n Honderd persent-handgemaakte suksesverhaal, wat op ’n kombuistoonbank met net die bestanddele in die spens begin het. Dis die verhaal van die trots Suid-Afrikaanse natuurlike velsorgreeks Oh-Lief, die breinkind van die susters Christine Buchanan en Louiza Rademan. Produkte met die woordspeling op olyf, een van die reeks se stapelbestanddele, en liefde, die dryfveer van hul besigheid, pronk deesdae in ál meer babasakke oor die wêreld heen. Christine vertel meer:

Hoe balanseer jy entrepreneur wees met ma wees? Dis ’n kombinasie van baie goeie beplanning en ’n sterk ondersteuningstelsel. My en Louiza se mans het van die eerste dag af ons droom ondersteun, en ons ma en jonger suster vorm ook deel van die span, wat ons in staat stel om ’n gesonde gesin en besigheid te balanseer.

Is jul kinders die inspirasie vir Oh-Lief? Die onderneming het ontstaan uit my eie behoefte om vir my seun se sensitiewe vel ’n natuurlike alternatief te vind wat werklik werk. Van daar af het die kroos ons inspirasie gebly, wat ons gehelp het om vir ander ouers etiese velsorg vir die hele gesin te bied.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees