book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Ma-entrepreneur: Ons leer terwyl ons speel

akkreditasie
Anelia Prinsloo (49) en Rhona Erasmus (35)
Anelia Prinsloo (49) en Rhona Erasmus (35)

Anelia: Ja, maar die belangrikste fokus moet ’n passie vir ma’s en babas wees. As jy egter wonder of jy so iets moet aanpak, moet jy dit doen. As ek 20 jaar gelede moes wag weens ’n gebrek aan geld, sou ek dit nooit gedoen het nie. My storie is soos baie ander s’n: Ek was ’n ma wat baie meer tyd met my eenjarige kind wou deurbring, maar ons was ook afhanklik van my onderwyssalaris. Ek het bedank en weggespring met dié babastimuleringsklasse in Afrikaans. Ek móés eenvoudig ’n sukses daarvan maak.

Rhona: ’n Franchise kos deesdae sowat R90 000, wat die volledige, beproefde Pienkvoet-Pret-program met volledig uitgewerkte lesse insluit. Dit sluit vier dae se opleiding in wat ek en Anelia self hanteer. Daar is ook praktiese opleiding waar jy klasse moet gaan bywoon. Jy sal ook apparaat moet aankoop. Ek en Anelia ontvang ’n baie klein persentasie van die geld wat die besigheid inbring. Weeklikse uitgawes sluit in klein dingetjies soos koffie en tee vir die ouers of oppassers. Daar is ook af en toe produkaankope soos babapap vir tas-proesessies.

Rhona: Beslis. Jy is in beheer van jou dag en hoe jy die dag beplan is jou saak. Baie van die mense wat ’n franchise besit, bied tot drie klasse per dag aan van ’n uur en ’n half elk. Dis jou keuse – as jy net een klas per dag wil aanbied, kan jy dit doen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees