book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Mañana in Mallorca

akkreditasie
Die Hanekom-gesin van Mallorca: Llewellyn (31), Lané (25) en Ian (3).
Die Hanekom-gesin van Mallorca: Llewellyn (31), Lané (25) en Ian (3).

Die gras is nie altyd groener aan die ander kant van die draad nie, maar as jy dit genoeg water gee, gaan dit groei. Dit is waarmee ons ons gereeld troos as dinge hier op Mallorca moeilik raak. Ja, ons bly op ’n eiland en ja, dit is wonderlik – maar dit gaan ook met opofferings en uitdagings gepaard. Ek het ’n besigheid wat sosialemedia-projekte onderneem en my man is ’n entrepreneur.

Spaans is moeilik en iets so eenvoudigs soos om jou motor te verseker duur weke, want die mense hier weier om Engels te praat – al kán hulle. Ons betaal dus ’n administrasie-onderneming om sulke dinge vir ons te hanteer.

Maar al die negatiewe dinge kom nie naby die positiewes nie. ’n Tipiese weekdag vir ons lyk soos volg: Ons staan tussen 6:30 en 7:30 soggens op en kry ons gereed vir werk en skool. Teen 8:30 is ons by die deur uit en ry 15 minute na die volgende dorp om vir Ian, ons driejarige, by een van die min Engels­talige speel­skooltjies af te laai. Daarna ry ek terug huis toe en gaan plak my by die koffiewinkel naaste aan ons huis neer om te begin werk.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees