book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Met hart & besittings in Doebai

akkreditasie
Die Peens-gesin: Kion (9), Nikola (13), Marné (16), Bonita (41) en Morné (43).
Die Peens-gesin: Kion (9), Nikola (13), Marné (16), Bonita (41) en Morné (43).

Ons het ’n bietjie meer as ’n jaar gelede uit Suid-Afrika op Doebai se internasionale lughawe aangekom. Ons huis hier was vol van ons besittings, maar nog nie ons harte nie. ’n Jaar later is ons terug op die lughawe op pad Suid-Afrika toe vir ons eerste lekker lang kuier, want die skole het pas vir die somervakansie gesluit. Ons bewe skoon van opgewondenheid, maar besef dat ons net gaan kuier, want Doebai is ons huis en ons harte is nou ook hier.

Ons lewe het in hierdie jaar handomkeer verander. Ons gesin het ontdek dat ons ontsettend veerkragtig is. Nuwe tale, kulture, kossoorte en denkwyses is aangeleer en ons voel dankbaar en verryk daar deur.

Doebai maak deel uit van sewe emirate en saam staan hulle bekend as die Verenigde Arabiese Emirate, waarvan Aboe Dhabi die hoofstad is. Elke jaar kies Doebai se heerser, sjeik Mohammed bin Rashid Al Maktoum, ’n nuwe tema wat deur die jaar op openbare, skool- en huishoudelike vlak beoefen word. In 2019 is ons tema “verdraagsaamheid” en dit word oral uitgestal en beoefen, selfs deur afslag op verkeersboetes te bied!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees