book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

My 2de kind se pa

akkreditasie
Pieter, Janco (3) en Almi (1) Jordaan. Foto: Noëleen Foster
Pieter, Janco (3) en Almi (1) Jordaan. Foto: Noëleen Foster

Jy hoef nie lank te klop op soek na raad as jy voor die deur van pa-word staan nie. Of jy nou google, boeke naslaan of vir ’n slag net luister as iemand met ervaring jou toespreek – die bronne wat jou kan wysmaak, is legio. Maar word nou vir die tweede keer pa ... Die persepsie, of jou persepsie, is mos dat dit dié keer niks nuuts is nie. Jy hét al die pad gestap. Of dat jou verantwoordelikhede as pa bloot sal verdubbel.

Ek het self in dié strik getrap. Want natuurlik is “verdubbel” ’n blatante oorvereenvoudiging van dit wat wag. Onthou jy hoe jy voor jou eersteling se geboorte sonder ophou gevra is of jy “gereed daarvoor is”? “Ou maat, jy besef jou lewe gaan onherroeplik verander, nè?” Jy antwoord “ja”, want daar is eintlik net een antwoord op so ’n nonsensvraag. Selfs al besef jy nie regtig hóé en hoevéél die verandering gaan wees nie.

Moet egter nie jou asem ophou om in die aanloop tot jou tweede kind se koms met dié vraag gepeper te word nie. (Goeie nuus in ’n sekere opsig). En tog verander jou lewe byna net so ingrypend. Dinge verdubbel nie, dit veránder. Dit verander heeltemal anders as wat dit die eerste keer verander het. Met nommer een word jy pa, met nommer twee ís jy pa. En noudat jy en jou vaderskap ou nuus is, verwag met die tweede keer ook so ’n knypie minder gelukwensings, geskenke of geleende en gebruikte babagoed op jou voorstoep. En aan jou eie lyf voel jy natuurlik minder muntstukke, mannetyd en vreedsame stilte. Tog is dit klein jakkalsies in vergelyking met die groter poel liefde, aandag en avontuur wat jy in ruil kry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees