book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

'n Pa se stem: Tyd vir niks

akkreditasie
Mia, Jaco en Emma Jacobs
Mia, Jaco en Emma Jacobs

Mia, ons oudste, is vanjaar in graad 1. Toe ek en vroulief ná die eerste oueraand van die jaar tuis kom, skink ek vir ons elkeen ’n stewige glas wyn toe die kinders in die bed is, en ons gaan sit by die kombuistafel met Die Sportrooster. ’n Dokument wat etlike bladsye beslaan, en met rye en rye tabelle wat vir my ingewikkelder lyk as ’n hoërgraad-rekeningkundevraestel in matriek (op sigself iets waaroor ek tot vandag nog nagmerries kry).

Dalk is dit die wyn se skuld, maar ’n halfuur later maak ek nog steeds g’n kop of stert van die rooster uit nie. (Gelukkig het ek ’n vrou wie se oë nie soos myne terstond oorkruis begin kyk as sy met rye syfers, span-indelings, datums en oefentye gekonfronteer word nie.) Een ding is egter vir my so duidelik soos daglig – as ons kind enige mate van sporttalent toon, gaan ons voortaan plek in haar dagboek moet soek as ons haar wil nooi om saam met ons ’n melkskommel in die Wimpy te gaan drink.

“Agge nee,” kla Mia in haar eerste week van skool, “ons het nog stééds nie huiswerk gekry nie. Julle het dan gesê ons gaan huiswerk kry!”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees