Kinders is meet vatbaar vir allergene as grootmense. Matrashigiëne is uiters belangrik, veral as jou kind met allergieë sukkel. ’n Mens slaap beter op ’n matras wat werklik skoon is en dis gesonder vir die immuunstelsel ook. CleanMyBed stuur iemand na jou huis toe om jou matrasse met spesiale toerusting te reinig wat jare se stofmyte en mytreste uitsuig en dan ook verder met ’n UV-lig vernietig. Dit kos sowat R400 vir ’n kotmatras en R600 per bed, wat twee kussings insluit. Bespreek gerieflik op die webtuiste: cleanmybed.com.
Niemand is lus om twee keer per dag in ’n stryd gewikkel te wees oor tandeborsel nie. Jordan se reeks tandeborsels en tandepasta help om borseltyd makliker te maak. Die tandepasta proe lekker en is nie skerp nie, en dit moedig jou kind aan om langer en meer gereeld te borsel. Jy’t seker gesien daar’s ’n monster van die tandepasta vir 0- tot 5-jariges in die sakkie saam met hierdie uitgawe van Baba & Kleuter? Dis natuurlik ook geformuleer met die regte bestanddele vir elke stadium van tandontwikkeling, in dié geval melktande. Slaan dan op sesjarige ouderdom oor na die volgende weergawe, wat reg is vir die koms van permanente tande. Jordan se tandeborsels het oulike prente en ontwerpe en is in drie groottes beskikbaar. Dis geskep om gemaklik in klein handjies en mondjies te pas. Vind die hele reeks by takke van Checkers, Dis-Chem, Clicks, Pick n Pay en Spar.