book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Nuus uit die kinderwêreld

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Gaan maak gerus ’n draai by die Hazendal-wynlandgoed se nuwe Wonderdal-vermaak-en-opvoedsentrum naby Stellenbosch. Dis gemik op kinders tussen vyf en 13 jaar oud. In die sentrum word tegnologie en fisieke elemente gekombineer om ’n kreatiewe binnespeelplek te skep. Terwyl kinders speel, leer hulle oor onderwerpe wat deur die Suid-Afrikaanse skoolleerplan gedek word, soos die verskeie vorme van energie, hoe plante groei en wat gesonde voeding behels. Daar is verskeie leersones wat jou kind kan ontdek! Gaan na hazendal.co.za vir meer inligting.

’n Vasektomie is ’n veilige en doeltreffende vorm van voorbehoeding. Met hierdie prosedure word die toevoer van sperm na die semen versper deur die buis af te sluit waardeur die sperm normaalweg sou deurbeweeg. ’n Vasektomie is ’n vinnige prosedure wat gereeld by The Urology-hospitaal in Pretoria uitgevoer word. Dis nie eens nodig om oor te slaap nie. Dr. Odian Aire van die The Urology- hospitaal sê voor ’n man ’n vasektomie kry, hy seker moet wees dat hy in die toekoms nie nog ’n kind wil hê nie. Die prosedure is wel omkeerbaar, maar omkering is meer ingewikkeld as die vasektomie. Lees meer by urology.co.za.

Speel-speel word jou kind so-o-o slim en oulik is ’n ouerskapspakket wat deur die arbeidsterapeut Lizanne du Plessis saamgestel is. Die pakket sluit in ’n gids oor hoe om die band met jou kind te versterk en video’s waarop Lizanne lekker gesels oor hoe om dag-tot-dag-oomblikke te gebruik om jou kind se breinontwikkeling te stimuleer, jou en jou kind se verhouding te bou en moeilike gedrag te verminder. Daar is 40 speletjies vir wanneer julle opstaan, in die kar ry of vir speeltyd, etenstyd en slaaptyd; podsendings waarna jy kan luister in die motor, terwyl jy oefen of selfs wanneer jy kos maak; en toegang tot ’n geslote Facebook-groep. Koop die produk as digitale produk of in die hardeband-vorm by voelgoedboeke.co.za, Bargain Books of PNA.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees