book-icon Uitgawe September & Oktober 2020

Nuwe ma: Streel jou eie sintuie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ons lees altyd hoe ons bedag moet wees op ons nuwe baba se sensoriese ontwikkeling, hoe ons moet seker maak hy kan hoor en sien, hoe ons hom nie moet oorlaai met sintuiglike ervarings ná nege rustige maande in die baarmoeder nie, hoe ons kan agterkom as ons baba ’n sintuigprobleem soos tasweersin het.

Maar wat van jou, die arme ma, en jou eie sintuiglike oorlading? ’n Skreeuende kleinding kan jou teen die mure uitdryf, stink doeke kan jou maag laat draai, en die kleurskema wat boeke vir babakamers voorstel omdat dit glo breintjies help ontwikkel, val nie noodwendig in jou smaak nie ...

Jou dag wissel tussen episodes van absolute stilte (sjt, die baba moet slaap!) tot huilsessies wat nooit end kry nie. Dis jou taak om te probeer ontsyfer wat jou baba van jou verwag en dan moet jy maar hoop en bid jy’t die regte ding gedoen.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees