book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021
Deel

Ontwikkel jou kind se humorsin só

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is min dinge so mooi soos ’n kind wat uit sy maag lag. ’n Mens wil dit sommer bottel en op droewige dae uithaal.

Daardie bekoorlike skaterlaggie is ook meer as net oulik – jou kind se ontwikkeling baat geweldig by ’n lekker lagsessies. Ja, humor is veel meer as net vermaak. Navorsing het oor en oor bewys dat daar besliste gesondheidsvoordele aan is. Lag laat jou beter voel, verhoog suurstofopname deur die bloed, verbeter bloedsomloop, onderdruk stresverwante hormone in die brein en aktiveer die immuunstelsel. In ’n studie aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles is selfs bevind dat kankerlyertjies beter op behandeling gereageer het as hulle gereeld gelag het.

Volgens dr. Paul McGhee, ’n Amerikaanse ontwikkelingsielkundige wat wêreldwyd bekend is vir sy navorsing oor humor by kinders, kan humor ook help met ’n kind se intellektuele, sosiale en emosionele ontwikkeling.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees