book-icon Uitgawe Junie tot September 2022
Deel

Ouerskap: Eilandstyl

akkreditasie
Merisa, Uri en Yael Levy in Zanzibar
Merisa, Uri en Yael Levy in Zanzibar

Yael kyk op na my met haar blou ogies en haar gesiggie vol sand– en ek dink onwillekeurig terug na 18 jaar gelede, toe my storie hier begin het. Ek was skaars 20 jaar oud toe ek Zanzibar toe gekom het. Wat veronderstel was om net ’n vakansie te wees, het in ’n liefdesverhaal verander. Ek was egter nie verlief op ’n mens nie, maar op ’n plek … Zanzibar.

Ek het my hart verloor op die natuurskoon, die wit strande, die turkooisblou water, die allermooiste sonsondergange, die mense, die kultuur en die eenvoud en rustigheid van die leefstyl hier.

Ek het huis toe gebel om my ouers te laat weet ek het besluit om hier te bly en kom nie terug nie. Natuurlik was dit ’n groot skok en hulle het voorgestel dat hulle eers kom kuier om die situasie te bekyk voor hulle tot die wilde idee toestem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees