book-icon Uitgawe Oktober & November 2019

Redakteursbrief: Sonnige SA!

akkreditasie
Baba & Kleuter en Helen Schöer
Baba & Kleuter en Helen Schöer

Die kinders (en ouers!) kry minder verkoue en griep, dis makliker om skermtyd te beperk en hulle buite te laat speel, dis makliker om soggens op te staan en almal betyds uit die huis te kry, dis makliker om vrugte en slaai in daai lyfies te kry.

En al het ’n dag nog steeds net 24 uur, voel dit asof mens meer tyd vir mekaar het omdat dit langer lig bly. Die lekker warm weer wat Gauteng hierdie jaar vroeg al gevoel het, is die inspirasie vir dié uitgawe. Ons vertel jou hoe om die beste piekniek te hou, hoe om die somer se vrugte in puree te omtower, hoe om ’n teepartytjie in die tuin te hou, hoe om oral te oefen as jy swanger is, en natuurlik deel ons ook goeie raad oor hoe om voorbereid te wees op die somer se klein lastighede, soos muskiete en sonbrand. Ek vat daai twee enige tyd voor ek verkoue en griep vat.

My wens vir jou dié maand: Gaan lê lekker iewers in ’n hangmat met dié uitgawe, en lees rustig in die son. My gunsteling-storie is die pa van Aggeneys wat oor sy drieling vertel. Ons het ook ’n artikel oor hoe om in die “kalm sone” te boer en ek dink die ouers van daardie drieling het baie oefening gekry oor hoe om dit te doen. Sjoe, asof een baba nie uitdaging genoeg is nie! As meerlinge jou ook fassineer, lees dan dié artikel. Baba & Kleuter se eie kunsredakteur, Charné Casey, is self ma van ’n tweeling, en daardie dubbel-dosis van alles – van partytjies reël tot oueraande by die skool – wil gedoen wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees