book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Redakteursbrief: Staan op vir die susters!

akkreditasie
Baba & Kleuter
Baba & Kleuter

Daar is een deel van my man se werk wat my egter noop om die vertrek te verlaat. Hy sit van tyd tot tyd in lang zoom-vergaderings oor nuwe aanstellings. Van die gesprekke oor die verskeie kandidate kan vir ure aanhou en dis eentonig genoeg dat ek niks hoor nie, net ’n gedruis in die agtergrond.

Die oomblik as ek egter hoor daar is ’n gaping in ’n CV, en dis ’n vrou, en swangerskap en iets babaverwant is die verduideli­king, dan spits my ore onwille­keurig. Ek wil sommer inspring en ook ’n stuiwer in die armbeurs gooi, want my feministiese hobbelperdjie is permanent opgesaal en reg vir ry! Ek kan dit nie help nie… ek begin dan baie fyn luister na elke nuanse en is gereed en oorgehaal om vir my man allerhande handtekens te begin wys en gesigte te begin trek. So kan ’n uitputtende tien minute in die blokke verbygaan en my eie werk kom tot stilstand. Ek is reg vir veg namens die onbe­kende suster wie se naam ek nie eens gehoor het nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees