book-icon Uitgawe Augustus & September 2019 | Baba & Kleuter

Redakteursbrief: Vier, of vergeet?

akkreditasie
Baba & Kleuter Augustus & September 2019
Baba & Kleuter Augustus & September 2019

Ek ook. Dis nou maar deel van ma wees. Natuurlik vier ons graag elke mylpaal en elke jaar, maar op verjaardae onthou ons ook al die kosbare oomblikke wat verby is en nooit weer herhaal sal word nie. Oor sommige stadiums en dinge is mens natuurlik bly dat dit oor en verby is – ek is regtig okei daarmee dat ek nooit weer ’n doek hoef te ruil nie – maar aan ander stadiums en dinge wil mens weer klou... daardie sagte pasgebore haakskeentjies en ’n melkdronk baba wat in my arms slaap... dinge wat ek nooit weer sal ervaar nie. Ek sal nooit weer my kinders op my man se skouers sien ry nie en haasbekkies is ook in die verlede vir my. Dis goed om op verjaardae stil te staan en te dink oor alles wat verander het, want dit laat jou anders dink oor die dinge wat jou in die hede dalk irriteer. Vir my is dit kosblikke. Teen die einde van die kwartaal weet ek net nie meer wat om in te pak nie. Die kinders is klaarblyklik ook laat in die kwartaal nie meer lus vir wat hulle kry nie, want dikwels kom die kosblikke weer net so huis toe, wat my smoorkwaad maak. Maar die dag kom skrikwekkend vinnig nader wanneer ek nie meer soggens kosblikke gaan hoef te pak nie. ’n Bittersoet idee. Laat hoor van jou: Watter stadium wens jy verby, en watter stadium gaan jou op daardie verjaardag ’n traan laat pink omdat jy dit nooit weer gaan ervaar nie? Baba & Kleuter is nou 20 jaar oud en die spannetjie gaan lekker uiteet. Anders as met ons kinders se verjaardae gaan ons egter nie huil nie, maar net vorentoe kyk en uitsien na al die lekker saamwerk wat nog voorlê.

Tot volgende maand! Geniet die lente!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees