book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Redakteursbrief: Wie nie waag nie

akkreditasie
Helen Schöer
Helen Schöer

Ek was nogal ’n wilde kind. Ek het soos ’n apie boom geklim, die dorp op my BMX platgery (loshande), onder die laagwaterbrug gaan swem en my gunsteling-speelplek was halfgeboude huise. My ma weet niks hiervan nie. Ek moes net voor donker tuis wees. Ek het ’n arm gebreek, ’n sleutelbeen gebreek, het eenkeer harsingskudding gekry toe ek van die pophuis se dak afgeval het en ek moes ’n paar keer dokter toe vir ander gruwelike beserings. Snaaks, as jy kyk na die knieë van mense van my ouderdom sien jy dat ons feitlik almal littekens het van kleintyd se speel en val.

Dit was dus vir my vreemd dat my eie kinders betreklik versigtig is. Hulle is nou tieners en daai kniekoppies is glad.

Ek en my man dink soms die twee moet ’n bietjie meer waag. In die gees hiervan het my man toe besluit om te waterski toe die geleentheid hom nou onlangs voordoen, al het hy dit meer as 25 jaar laas gedoen. Dit was alles om ’n voorbeeld vir die kinders te stel, wat saam op die boot was. Hy wou hulle wys dat mens nuwe dinge maar kan probeer. Hy wou ’n goeie pa wees. Hy was nie eens vreeslik lus vir waterski nie – dit het alles oor die voorbeeld gegaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees