book-icon Uitgawe Desember 2018 & Januarie 2019

Reg vir die son

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

As jy in Suid-Afrika woon, is dit nie genoeg om net sonskermroom aan te wend nie. Jy moet ook ’n sonbril, hoed en die regte klere dra wanneer jy ’n dag in die son gaan deurbring. Klink dit oordadig? Gaan kyk dan na die skokkende inligting by cansa.org.za: ’n Kind wat net twee keer in sy kinder- of tienerjare blase gebrand het, het ’n dramaties verhoogde kans om later velkanker op te doen. Volg die raad in dié artikel om die hele gesin sonslim te hou.

Kinders onder een jaar moet liewer heeltemal uit die son bly, veral tussen 10:00 en 15:00. Soek na koel skadukolle terwyl julle buite is. Leer jou kleuters sommer van jongs af om altyd ’n koeltekol uit te soek en baie water te drink wanneer hulle in die son is.

Die Australiese organisasie SunSmart verduidelik op hul webtuiste dat ’n behoorlike en goed geposisioneerde afdak wel die gevaarlike ultravioletstrale wat op jou neerbrand verminder, maar jou nie heeltemal daarteen beskerm nie. Dis onder meer omdat weerkaatste ultravioletlig (UV-lig) ook gevaarlik is, sê dr. Siegmund Johannes, ’n Johannesburgse plastiese chirurg. “Sand, water en selfs sneeu kaats 70 tot 90 persent van die UV-lig terug, terwyl ’n grasperk tussen 5 en 20 persent terugkaats,” sê hy.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees