book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Spaar vir jou kind sonder Jan Taks

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Belastingvrye spaarrekeninge is in 2015 deur die regering ingestel om ’n sterker spaarkultuur in Suid-Afrika te help vestig. Dit lyk of die plan werk: Sedert dit bekendgestel is, is meer as 460 000 sulke rekeninge geopen en is ’n totale bedrag van meer as R5 miljard teen einde Februarie 2017 gespaar.

Marius Pretorius, woordvoerder van Old Mutual, vertel die kombinasie van belastingvrye groei met buigsaamheid, lae koste, volle likiditeit en ’n eenvoudige en maklike aansoekproses maak hierdie spaaropsie baie aantreklik. Die idee is eenvoudig: Jy mag R33 000 per jaar (R2 750 per maand) belastingvry spaar tot ’n algehele maksimum van R500 000 in jou leeftyd.

Met dié soort rekening is al die groei belastingvry, wat beteken jy betaal geen belasting op dividende, rente of kapitaalwins nie. Jou groei en opbrengs is dus groter as met ’n gewone spaarrekening, waar belasting soos dividendterughoubelasting en belasting op verdiende rente afgetrek word voor jy begin voordeel trek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees