book-icon Uitgawe Oktober & November 2017

Superkoel met sake

akkreditasie

Die handelsnaam is grotendeels geïnspireer deur my seun Jayden (nou amper 3 jaar oud). Ek het gesukkel om vir hom skoene te kry wat stylvol, gemaklik en funksioneel was, en terselfdertyd goed vir sy ontwikkeling. Running Bear is sagte leermokassins wat kaalvoet loop naboots en help om die spiere en ligamente te versterk. Dis vir my belangrik om ’n produk te skep waarop ek trots kan wees as my kind dit dra, daarom kies ons geen kortpaaie in ons produksie van hoëgehalte-skoene nie.

Jayden was twee toe ek skoene begin maak en ontwerp het. Om ’n besigheid te begin is nooit maklik nie, veral nie as jy agter ’n kleutertjie moet aanhardloop terwyl jy self swanger is nie! My jongste, Kyle, is nou sewe weke oud en ek het geleer dat goeie tydsbestuur absoluut noodsaaklik is om die daaglikse uitdagings van ’n werkende ma wees die hoof te bied. Die hulp van vriende en familie maak ook die las baie ligter. Omdat ek van die huis af kan werk en tyd saam met my kinders kan deurbring, kan ek daardie spesiale oomblikke saam met hulle geniet en niks daarvan misloop nie.

Running Bear is eintlik die perfekte huwelik tussen my skoenfetisj en my liefde vir kinders! Dis heerlik om te kan werk in ’n bedryf waaroor ek passievol is. Ek is ook mal oor kinders en dis vir my lekker dat my tyd buigsaam is sodat ek ’n deel aan my gesin kan afstaan en ’n deel aan my besigheid. Ek glo as ’n mens passievol is oor wat jy doen, dit deur alles skyn en in alle aspekte van jou besigheid wys.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees