book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Swanger-nuus

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Babas wat te vroeg gebore word het ekstra hulp nodig. Hul ouers ook, veral noudat dit met die pandemie moeilik geword het om hospitaal toe te gaan. Sarah Cressey van The Grace Factory, ’n organisasie wat praktiese bystand lewer aan behoeftige ma’s met vroeggebore babas, sê ouers voel dikwels magteloos en kan post-traumatiese stressindroom opdoen, wat inmeng met die oorgang na ouerskap.

“Dis moeilik genoeg om die vroeë geboorte van jou baba te moet hanteer. Nou moet ouers nog boonop sukkel met beperkte besoektye aan die neonatale intensiewesorgeenheid ook,” sê Stasa Jordan van die South African Breast Milk Reserve. Dié borsmelkbank sorg dat geskenkte borsmelk by behoeftige vroeë babas uitkom. Die twee organisasies span gereeld saam om ma’s te help met praktiese pakkies vol bababenodigdhede. As jy wil help, gaan na hul webtuistes of stuur ’n e-pos.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees