book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Troeteldiere: Hop perdjie hop

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jou kind neul sy wil so graag gereeld gaan perdry, maar waar begin jy? Doen jou huiswerk, want nie alle ryskole is dieselfde nie. Soek ’n skool waar jy – en jou kind – gemaklik en gelukkig sal voel. Hier volg ’n paar wenke:

Die koste van rylesse wissel, maar Jess Markotter van Rangers Stables in Johannesburg beveel aan dat jy sowat R1 500 per maand begroot. “Dis vir een les per week, brandstofgeld en natuurlik die baie belangrike na-die-les-wortels vir die perd,” sê Jess. As jy jou kind heeltemal met die regte klere en toerusting wil uitrus, moet jy omtrent R2 000 begroot vir ’n valhelm, stewels en ’n rybroek. Jy kan egter gewoonlik ’n helm by die ryskool leen en aanvanklik is ’n sweetpak- of denimbroek heeltemal in die haak. Toe skoene beskerm die tone. Kies liewer ’n skoen met ’n effense hak soos skoolskoene of winterstewels, maar selfs tekkies kan werk. As jou kind gek is oor die ryles en julle dus in die mark is vir klere en toerusting, kan julle dit ook tweedehands koop. Jess beveel Dee’s Saddlery (dees.co.za) in Johannesburg aan. Kyk ook wat by Tack&Tuck (tackandtuck.co.za) te kry is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees