Tuisblyma raak verveeld

akkreditasie

Ek is ’n tuisblyma van ’n tweejarige en ’n vyfjarige. My ouer kind gaan elke oggend kleuterskool toe terwyl my jongste by my bly. Ek is egter verveeld. Ek het vroeër gewerk en mis dit. Elke dag is dieselfde en dit voel of ek alles doen net omdat ek moet. Ek is nie depressief nie, net regtig moeg vir dieselfde roetine. Ek voel skuldig omdat ek so voel.

Dis beslis nie ’n maklike taak om tuisblyma te wees nie. Tussen die kinders se aktiwiteite, huiswerk en manlief deur is daar min tyd vir ’n ma om haar eie identiteit uit te leef.

Jou verveling is absoluut normaal. Die meeste tuisblyma’s wat voorheen gewerk het, beleef ’n tyd waar hulle moeg en verveeld is. Dié gevoelens gaan dikwels gepaard met vrae oor jou eie identiteit omdat jy weet dat daar soveel meer aan jou identiteit is as net jou rol as ma. Jou gevoelens is dus heeltemal verstaanbaar en daarom hoef jy nie skuldig te voel nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees