book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Verlig die seer van skei

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

”Om vir ons kinders te vertel ons staan op skei, was een van die moeilikste dinge wat ek ooit moes doen,” vertel Sonya Vermeulen* (43), ’n ma van twee van Port Elizabeth. “Hulle was in daardie stadium maar vier en vyf jaar oud. Hulle het ontroosbaar gehuil toe hul pa die dag sy tasse pak en uittrek en het weer gehuil toe hulle besef hy kom nie terug nie. Die eerste twee jaar was die moeilikste. Vandag is ek en hy albei weer getroud én gelukkig en die kinders floreer danksy die feit dat ons van die begin af soos volwassenes elke liewe aspek bespreek het.”

En dis waar die sleutel van ’n ”geslaagde” egskeiding lê, meen kenners. Hoe moeilik dit ook al vir julle is, moet julle die kinders eerste stel en die kommunikasiekanale tussen julle almal oophou. Want om te sê dat ’n egskeiding moeilik is, is om dit sagkens te stel. Almal in die gesin – kinders én grootmense – ervaar ’n geweldige gevoel van verlies en angs.

Om jou kinders te help, moet jy in die eerste plek jou eie emosies kan hanteer, sê dr. Henk Swanepoel, ’n kliniese sielkundige van Centurion. Erken aan jouself dat die werk aan ’n verhouding een van die moeilikste dinge in die wêreld is... 50 persent van huwelike beland immers op die rotse.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees