book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2018

Voorspelbaarheid & vrede

akkreditasie
Mariska en Willem Lubbe (albei 38) met hul dogters, Hylie (6) en Iva (21 maande).
Mariska en Willem Lubbe (albei 38) met hul dogters, Hylie (6) en Iva (21 maande).

Nes baie ander Suid-Afrikaners het ons in 2006 met twee tasse in Engeland aangekom met die bedoeling om net twee jaar te bly ... Dis nou 11 jaar later, ons is steeds hier, en ons is intussen geseën met twee pragtige dogtertjies, ’n lekker huis en baie vriende.

Ons voel nou deel van die gemeenskap, al was die aanpassing nie altyd maklik nie en het dit ’n draai in Hongkong en weer terug in Pretoria gekos voor ons daarmee vrede gemaak het dat ons huis nou hier is.

Ons is en bly egter net so Afrikaans soos ons maar altyd was. Ons praat Afrikaans in die huis en verkies Afrikaanse musiek en radiostasies. Ons kinders verkies dit ook – in elk geval op die oomblik. Ons bly op die platteland naby Gatwick-lughawe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees