book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Vriende met pote

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is geen spesie naas die hond wat uit ’n evolusionêre oogpunt só suksesvol by ’n lewe saam met mense aangepas het nie. Maar is Canis familiaris ook ’n kindervriend? Almal het ’n mening ...

Absoluut, sê jou buurvrou. “Ons jack russell pas ons woelige driejarige goed op. My kind stuit vir niks en ons het heelwat slange in die omtrek. Die twee is ewe stout, maar ek is soveel meer gerus as hy by haar is.” As sy die een soek, hoef sy net die ander te roep. “Dis die beste (geskenk) wat ek nog aan my kind kon gee: 'n regte oppasser en maat.”

Nie almal is so seker nie. Jou ander vriendin vertel haar kind is op tweejarige ouderdom deur twee jong bulterriërs aangeval. “Sy was reg langs my en het nie eens in die honde se rigting gekyk nie. Gelukkig was ek naby en het sy net skrape opgedoen.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees