book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Ware verhaal: Raaisel van die regterhand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Klein Zaria speel met haar linkerhand en steun met haar regterarm.
Klein Zaria speel met haar linkerhand en steun met haar regterarm.

Weens Covid-protokol was Nicole Esau (35) alleen in die spreekkamer toe die ginekoloog op die sonar sien dat haar jongste ’n gestremdheid het. Hoewel klein Zaria se twee armpies volledig gevorm het, het haar regterhand glad nie ontwikkel nie. Die dokter het gevra dat haar man, Ludwig (42), hom by hulle aansluit voor hy die skokkende nuus met hulle gedeel het. Nicole was reeds 28 weke swanger toe hulle van die handjie uitvind.

“Daar is soveel dinge wat deur jou gedagtes gaan wanneer jy slegte nuus kry. Ons wou weet wat so iets kon veroorsaak, maar die antwoorde was min. Die ginekoloog het verduidelik dat dit moontlik ’n bloedtoevoerprobleem kon wees wat ontstaan as gevolg van stringweefsel wat ledemate in die baarmoeder omring. Dit was vir my moeilik om die nuus te verwerk,” vertel die Bloemfonteinse ma.

Haar en Ludwig se familie was baie ondersteunend en het nie geskroom om hulle by te staan toe die Esaus die nuus met hulle deel nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees